Litenuf Logo
 

Archive for the ‘ Testimonials ’ Category

Marisa de Lange’s 40 days
May 28, 2010TestimonialsComments Off on Marisa de Lange’s 40 days

Na afloop van hierdie 40 dae wat toe 50 geword het, staan ek verstom oor die GROOTHEID van ons Vader! Ek het al ‘n paar keer gevas, maar hierdie keer het dit ‘n GROOT verskil gemaak om julle saam met my op hierdie reis te hê en te weet dat julle vir my bid. Ek was die heeltyd bewus van die feit dat ek deel was van iets groters.

Ek het 6 kg verloor en het nog ‘n paar om af te skud, maar ek voel soveel beter met meer energie en lus vir die lewe. Die Here het vir my strategie gegee oor hoe ek my nuwe grondgebied na hierdie 40 dae in stand moet hou en dit in Sy krag te doen en nie in my eie sielskrag nie.

Die behoefte aan dans en skilder het opnuut ontwaak in my gees in hierdie tyd.  Ek het hierdie 40 dae hoofsaaklik aangepak omdat ek ernstig vir ‘n paar vriendinne wou bid, waarvan een in die Kaap, in ‘n ernstige motorongeluk was waarin sy haar rug en nek beseer het.

Een oggend aan die begin van die 40 dae, oppad om te gaan draf, sien ek buite teen die muur ‘n papie en voor my oë klim daar ‘n skoenlapper uit! Ek sien hoe sy ronde vet lyfie al hoe dunner word en sy opgevoude vlerkies droog word en ooprol. Toe ek dit optel, hoor ek duidelik die stil sagte stem van die Heilige Gees: “THIS IS A PARABLE ..” Vir wie … vra ek Here, want ek  bid vir baie.

Ek het foto’s geneem en die skoenlapper ure later op die Lavender gelos.

Die volgende dag het my vriendin ‘n baie sensitiewe operasie ondergaan om die beenfrakture uit haar rugmurg te verwyder. Toe ek haar ma skakel, vertel sy my die Here het haar gewys al die gebede is soos ‘n kokon om haar dogter en sy gaan baie mooier hieruit kom, soos die transformasie van ‘n skoenlapper. Dit was nog nie die einde van Abba se “awesome” gesprek met ons nie. Hy praat  sowaar die TAAL VAN JOU HART! Want … Daardie middag neem my vriendin se man in Kaapstad dieselfde soort skoenlapper af wat uit sy kokon kruip! Hy het die foto hospitaal toe geneem, en vir haar gewys met die woorde: THIS IS YOU MY LOVE!!

‘n Maand later is ek op die vliegtuig, oppad Kaap toe om haar te verras vir haar 40ste verjaarsdag. Daardie aand inspireer die Here my en seën Hy my hande bo-natuurlik met hierdie skildery vir haar:

Ek het geleer dat God ook betrokke wil wees in my kleinprentjie-tyd en Hy het wonderlike afsprake vir my gereël.

Ek het byvoorbeeld betyds kontak gemaak met ‘n vriendin wat sterwend was aan kanker en kon vir haar  ‘n liefdesdaad bewys voordat sy na haar Ewige Vadershuis vertrek het. Alles nog voordat my 40 dae verby was.

‘n Ander vriendin kon ek sien hoe God ‘n nuwe begin maak vir haar en haar dogtertjie.

Ons vertrou die Here nogsteeds vir ‘n wonderwerk in genesing, maar dit weet ek: SY “TIMING” IS PERFEK, EN …  HY IS TOTAAL IN BEHEER …

Mag hierdie “glimpse” op wat ek beleef het, julle bemoedig om aan te hou doen wat julle doen. Julle sal die volle impak van julle bediening eers eendag in die hemel weet … Dankie vir alles …

Our Biggest Loser
May 20, 2010TestimonialsComments Off on Our Biggest Loser

Two weeks ago Retha and I met someone whom we’ve dubbed LITENUF’s Biggest Loser!  Susan Kruger has lost the whopping total of 50kg’s and it all started with her LEEF LIG 40 days! We barely recognized the lady with the big smile.  God is good!!

Ons het sommer met ‘n selfoon laat daai middag in  die wind en weer ‘n foto van haar geneem, (regs):

Sy vertel self:

“My journey het begin nadat God my laat besef het dat ek baie ongesond leef as gevolg van slegte eetgewoontes en dat dit siektes in my lewe veroorsaak. ‘n Voorbeeld: As gevolg van my slegte eetgewoontes het ek geweldig baie suur in my liggaam opgebou wat my maagkleppe opgevreet het en ‘n dokter moes dit toe vervang.

Ek het in Augustus 2009 by julle aangesluit en besef dat God my na julle gestuur het. Die boekie was vir my ongelooflik kosbaar. My gewig was 126 kg voordat ek siek geword het. In Januarie 2009 totdat ek met my “40 days” begin het, was my gewig 118 kg. Gedurende hierdie reis het ek tussen 8 en 10 kg verloor. Na die 40 dae het die Here vir my verder gehelp met strategie oor hoe om van hieraf voort te gaan sodat ek nie my nuutgevonde grondgebied sou verloor nie en kan uitkom by wat Hy vir my het. Gehoorsaam aan Hom het ek Sy raad gevolg. In Nov 2009 kon die dokter kanker in my kolon verwyder wat hy nie kon doen voordat ek nie eers ‘n bietjie gewig verloor het nie.

Ek is tans baie gesond en dank die Here elke dag daarvoor. My gewig wissel tans tussen 66 en 68 kg. Ek voel goed in ‘n no. 10 langbroek en my man is mal oor my nuwe lyf. Ek sal op ‘n volgende stadium vir julle vertel van my persoonlike gesprekke met God. Ek is tans weer op die 40 dae reis. God seën my so oorvloedig dat ek nie weet hoe om genoeg DANKIE te sê nie.

Liefde groete

Susan Kruger”                    So het Susan gelyk:

Ek, Retha wil ook sommer byvoeg by wat Susan hierbo skryf, met ‘hoe’ sy dit vir ons gesê het: “Ek huppel soos ‘n tiener rond van opgewondenheid – ek voel so goed!”

Daarop sê ek en Vivienne: “Prys die Here vir wat Hy in Susan se lewe gedoen het.”

Is there another LITENUFER who can top Susan’s story of victory!!