Litenuf Logo
 

Rina Malan (31.10.2010)

November 21, 2010Testimonials

Hi julle twee 

Baie, baie dankie vir alles wat julle die afgelope tyd vir my beteken het en vir al julle ondersteuning. Ook dat ek my hartsgeheime met julle kon deel.

  • Ek het in hierdie 40 dae ongelooflik baie gegroei in my geloof en my verhouding met God, en geestelik oneindig BAIE sterk geword.
  • Skielik laat ek my nie meer ontstel oor wat mense dink of doen nie, omdat ek ‘n verhouding het met die mees “awesome-ste” God. 
  • In my reis van 40 dae het ek geleer dat ek niemand kan dwing om te glo soos ek glo nie, maar dat ek met my leefwyse ander kan aanspoor en inspireer en jaloers maak om graag soos ek te wil lewe en daardeur kan ek nog baie mense na Jesus lei.
  • Ek het geleer dat niks wat ‘n mens doen sonder God gedoen kan word nie, en dat ek tot alles in staat is deur Hom wat my krag gee.
  • Ek het ook geleer dat ek maar met Hom kan gesels, wanneer ek wil en soveel kere per dag as wat ek wil.
  • Dat ek ook my beloftes aan Hom kan nakom (soos die “vas”) soos Hy elke belofte wat Hy maak, nakom.
  • Die lys is oneindig lank, maar ek is so dankbaar vir alles wat met my gebeur het.

Ek het nog baie om te ontdek en te beleef, maar ek glo God het ‘n wonderlike plan vir my in gedagte en dat die paaie wat ek van nou-af gaan loop, minder klipperig gaan wees as die voriges. Ek is ook baie positief dat ek totaal genees is van kanker want my God is groot en by Hom is alles moontlik.

Dankie julle twee, julle is die beste.
Ek gaan wag vir my nuwe boekie en nog ‘n reis onderneem.
Hierdie een was so GREAT dat ek my net kan indink wat die volgende een alles kan inhou.                   

Baie dankie vir hierdie diens wat julle aan ons almal lewer. Dit beteken die wêreld vir my en ek kan definitief ‘n verandering in my lewenswyse agterkom. Ek het ook  geen “cravings” meer nie en ek kan makliker “vas” as voorheen.

Baie liefde

Rina Malan

(Liewe Rina,…”Jy weerspieel die heerlikheid van die Here, want die sluier is van jou gesig af weggeneem. Jy word al hoe meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van jou uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here.” 2 Kor. 3:18)

Comments are closed.

Write a Comment