Litenuf Logo
 

Liezel Slabbert – 12.11.2010

December 9, 2010Testimonials

 Toevallig? Of toe-val-die-lig!  Op hierdie dag verander my lewe radikaal en sal NOOIT weer dieselfde wees nie.

Ek het in 1990 gematrikuleer… PRESIES 20 jaar gelede.

Eindeksamen – ons skryf Biologie, my favourite vak.  Ek sit kruisbeen op my ouers se bed met al my boeke lekker lewendig en interessant uitgesprei.  Dit is so omtrent 19h00 en ek eet ‘n strawberry yoghurt met ‘n Fizz Pop lolly.

Ek kyk gewoonlik net vir interessantheid…uhm – not!…ek kyk ALTYD op die etiket wát ek geëet het en hoeveel kilojoules dit bevat.  Tot my skok besef ek dit was nie Fat Free nie, maar Double Delight.  My keel trek toe want ek besef ek sal nie nou tyd hê om hierdie duisende kilojoules te gaan uitoefen nie.  Net die gedagte daaraan dat ek met al duisend moet gaan slaap, het my naar gemaak…fisies.

En hierdie bakkie Double Delight, was die begin van my 20 jaar stryd met die-eet-steurnis…anorexia en bulimia.

Ek het op ‘n stadium 37kg geweeg en nogsteeds gedink ek is dik.  Ek het my kind se lewe in gevaar gestel tydens my swangerskap deur teveel te oefen en te min te eet.  Dank God my kind het geen skade gely nie.

‘n Verslawing aan byvoorbeeld alkohol, sigarette of dwelms is ‘n uitdaging, maar kan redelik maklik oorwin word deur dood eenvoudig hierdie middels uit jou leefstyl te sny.

Maar wat as jou verslawing iets is wat vir jou lewensnoodsaaklik is…soos kos?

As ek klere gaan koop het, het ek gewoonlik ‘n size 10 en ‘n size 8 gegryp.  Altyd die 10 eerste aangepas, myself bekyk en gesmile van lekkerkry as die broek los gesit het. As die 8 te styf gesit het, was dit ‘n crap dag en het ek sommer ekstra hard geoefen en ekstra hard somme gedoen met my etikette!

As ek komplimente gekry het by mense, kon ek dit gewoonlik nie hanteer nie en was dit moeilik gewees om oogkontak te hou.  Diep binne my was ek só skaam.  Die skuldgevoel wat oor my siel en gees gehang het, het my laat ‘cringe’.  My liggaam het nooit regtig gely nie, want ek het seker gemaak ek eet nét genoeg en nét reg en rond dit af met nét genoeg oefening.  Sodoende het geen mens enigiets agtergekom nie.

Geen mens…maar daar was wel Iemand wat dit vir 20 jaar gesien het. 

Is dit nie funny dat mens met ‘n sonde of iets wat jy bewustelik verkeerd doen, soos pornografie of diefstal of egbreuk, vir die oomblik of tydperk terwyl jy dit doen, die gewoonte het om muur toe te stap…die knoppie af te sit en heeltemal vergeet van God, Jesus en die Heilige Gees.  Dis asof Hulle nie bestaan nie.  Ek dink dit is seker die eensaamste tyd…want jy doen dit actually alleen, alhoewel Hulle al drie en al die miljoene engele vir jou staan en kyk (EN JOU HEELTYD WIL HELP!). 

Ek was die skaamste dáároor…hoe kan jy so versigtig wees om iets voor mense te doen, maar glad nie omgee in daardie oomblik dat jou Skepper en Verlosser…die belangrikste Being in die heelal alles sien wat jy doen nie!? 

Die skuldgevoel…die knoppie afsit…die rookskerm wat jou verblind, is wat jou weerhou van ‘n vry en opregte verhouding met God. 

Oorwinning

Die oomblik wat jy teenoor ‘n mens getuig dat jy ‘n probleem het, is die outomatiese reaksie:  ‘Jy het die stryd nou al 95% gewen!’ 

Sodra jy in ‘n area in jou lewe iets oorwin het, kry jy outoriteit op daardie gebied en is jou waagmoed en sukses om die volgende probleemareas in jou lewe skoon te maak, soveel groter.  Prys ons Skepper daarvoor! 

Op 12-11-2010, 20 jaar ná my stryd, het ek dit vir die eerste keer erken aan ‘n mens…want ek het dit finaal oorwin.  Glo vir my…dit was moeilik, maar ek kan nie die verligting en verlossing beskryf wat in elke minuut daarna gevolg het nie!  Retha, dankie vir jou gehoorsaamheid om hierdie afspraak by te woon. 

Ek wou so baie maal breek met hierdie siektes/sondes, maar ek het toegelaat dat die vyand my laat glo het dat ek dit nie kan regkry nie. Dit is egter onmoontlik om dit self reg te kry.  Jy het die krag van God nodig.  Jy het die geloof nodig dat Jesus jou verlos het.  Sonder hierdie ‘Hulp’, sal jy NOOIT genees nie.  Nie uit eie krag nie. 

Dit het nog altyd vir my gevoel asof ek nou reg is om te breek, maar net voor ek spring, was die bungi-toue nie om my voete nie, maar om my nek.  Dit het my dan net keer op keer verhoed. 

Sonder dat ek geweet het, het soveel mense in gebed en geloof vir my ingetree in hierdie tyd.  Vivienne en Retha van Litenuf het soos hulle belowe het, vir my gebid en onder andere Col 1:9-12:

‘….we have not ceased to pray for you and to ask that you may be filled with the knowledge of His will in all spiritual wisdom and understanding so that you may walk in a manner that is worthy of the Lord, to please Him in every respect, bearing fruit in every good work and increasing in knowledge of God, strengthened in all power according to His might, for steadfastness and patience and joyously giving thanks to the Father…’ 

My identiteit

Ek het baie betrokke geraak met die dinge van die Here – altyd so besig met die dinge by die kerk, maar nie regtig betrokke met die Here nie.  Nou dat ek my ware identiteit besef en daarin glo, is ek besig met die Here en Sy opdragte deur die Heilige Gees.

Die stap of die sprong wat ek geneem het, het vir die eerste keer in 20 jaar verander van ‘n bungi-jump met ‘n tou om die nek, na ‘n sprong saam met my liewe God op Sy vlerke, totaal in vryheid, alleenlik afhanklik van Sy genade en liefde in oorwinning. 

Openbaring 12:11  ‘Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waaraan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so lief gehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie.’ 

Lewe in die lig

Die knoppie word NOOIT afgesit nie.  Die Heilige Gees is 24/7 by jou, oor jou en in jou en jy doen alles in die waarheid.  Dan het jy die gesag om die viand te weerstaan en hy moet vlug. (Submit to God and resist the devil and he will flee – James 4:7) 

Nou glo ek nie meer net in God nie, ek glo God.

Comments are closed.

Write a Comment