Litenuf Logo
 

René Cloete – April 2012

May 16, 2012Testimonials

Dit was ’n groot voorreg om met Litenuf ’n pad te stap.

‘n Vriendin het my van LITENUF vertel. Sy het julle aanbieding by Doxa Deo bygewoon en het net van die beginsels wat julle daai oggend gedeel het, in haar lewe begin toepas en dit het al vir haar baie gedoen.

Ek het een Woensdag-oggend baie desperaat vir die Here gesê ek kan nie meer so aangaan nie, ek is altyd moeg, my klere pas nie en ek voel glad nie goed oor myself nie.  Ek het al baie dinge probeer om gewig te verloor, maar sonder enige sukses.

Later daardie dag, toe ‘n vriendin vir my vra of ek nie saam met haar die Leef Lig Reis wil doen nie, was dit vir my ‘n antwoord op gebed.

In die begin was dit vir my moeilik, want ek het erge hoofpyne gekry en my bene het so erg gepyn dat ek nie kon slaap nie. Retha het my elke keer  bemoedig en baie moeite gedoen om uit te vind wat ek daaraan kon doen.  Sy het my ook aangemoedig om te volhard.

As ’n “sjokolade verslaafde” was dit aanvanklik ook baie moeilik, maar ek het die reis begin deur die dae totaal aan die Here toe te wy.  Wanneer ek lus geraak het vir sjokolade het ek die Here gevra om my regtig te help om die versoeking te weerstaan.  En ek kon die 40 dae deurgaan sonder enige sjokolade.

Hierdie was nie vir my ’n dieët nie, dit was regtig vir my ’n geestelike reis. Ek het elke dag die tyd saam met die Here spesiaal ervaar. Ek het in hierdie tyd soveel meer geleer.  Wat vir my baie spesiaal was, was dat die dagstukkies wat gereeld gestuur is, so “spot-on” was.

Wat nog ’n groot voordeel was, was dat ek nooit honger gely het en ook nooit nodig gehad het om vir my gesin ander kos te maak nie.

Ek het 10 kilogram in my 40 dae verloor.  Ek slaap baie beter en my vel  is pragtig. My lewe is weer in balans en ek voel nie meer of dit uitmekaar val nie.

Baie dankie vir LITENUF, julle gebede en ondersteuning, want daarsonder sou ek dit nie kon maak nie.

Liefde
René

 

Ons het hierna weer ‘n e-pos van René ontvang waarin sy vertel het dat sy nog 5 kilogram verloor het.
Haar onlangse boodskap op
LITENUFER’S FACEBOOK, lees: “Litenuf het my lewe verander. Baie dankie vir dit wat julle in my lewe beteken het en nogsteeds doen. Mag God julle uit julle sokkies seën.”
Ons sê baie dankie Here! Ons loof U vir elke getuienis van “klein” of “groot” oorwinnings! Mag U Naam verheerlik word!

Elkeen is baie welkom om by ons LITENUF GROEP op FACEBOOK aan te sluit! Sien jou daar!
Litenuf-groete

retha en vivienne

NS. Kyk gerus na ons Litenuf Video deur op hierdie link te kliek: Litenuf Video

 

Comments are closed.

Write a Comment